Kleuters met Karakter

Kleuters vanaf 15 maande tot en met Gr.R (Afrikaans-medium alleenlik)

V i s i e

Hier by Babbelbekkies Kleuterkampus is ons onderrig gebaseer op Christelike beginsels. Ons glo dat elke kleinding die vermoë het om hul volle potensiaal te kan bereik deur die hulp van ‘n opgeleide onderwyseres.

M i s s i e

Ons streef daarna om Christelike-waardes die kern te maak van ons onderrig. Saam probeer ons ‘n vennootskap kweek tussen ouer en onderwyser om optimale resultate te verseker. Ons streef daarna om vir elke kleinding ‘n veilig hawe te skep sodat hul met gemak aan ons ontwikkelingsprogram kan deelneem.

F a s i l i t e i t e

Ons goed-ingerigte speelterreine sorg vir emmers vol pret en motoriese-ontwikkeling daarby. Sekuriteit is vir ons ‘n prioriteit en ons beskik oor CCTV-fasiliteite en gekontroleerde toegangshekke. Elke klaskamer is ingerig met opvoedkundige-programme en -apparaat. Ons kan spog met verskeie speelgronde o.a. 'n fietsbaan, tennisbaan, sandput, speelpark en 'n kleuter-gym. 

'n Brief van ons skoolhoof

Hartlik welkom aan elke bestaande of voornemende Babbelbekkie. Dit bly ‘n groot oomblik in die lewe van elke kind en ouer om die groot stap tot onafhanklikheid te neem, en uiteindelik in te skakel by ‘n kleuterskool.
Elke kleuter het sy eie unieke behoeftes, omstandighede en talente. Met die diversiteit van kleuterskole, is dit van kardinale belang dat u as ouer die regte besluit maak ten opsigte van wie u toevertrou met u kleinding se opvoeding.

Babbelbekkies het sy bestaansjaar gevier in 2000, dus is ons al die afgelope 24 jaar bedrywing. Ons het begin as ‘n klein kleuterklassie en kan nou spog met ‘n volwaardige Kleuterkampus.

Ons streef daarna om vir elke kleuter ‘n liefdevolle en veilige omgewing te skep. Ons poog om vir elke kleuter ‘n milieu te skep waar hy of sy meer as net versorg word. Dit is ons passie om hulle bloot te stel aan sosiale-etiket, selfstandigheid, kreatiwiteit, selfvertroue ens.
Ek kan met vertroue sê dat ons program FANTASTIES is. Die kleuters word van jongs af aan ‘n wye verskeidenheid onderwerpe en aktiwiteite blootgestel. Hulle ontwikkel en groei spontaan, met die voordeel dat hulle ‘n voorsprong bo nie-Babbelbekkies het. Die Graad R maatjies word reeds klanke, woordbou en sinsbou geleer sodat hul slaggereed kan wees vir Gr.1. Met behulp van ons  eie Arbeidsterapeut, Marizanne Visser word skoolgereedheidstoetse ook gedoen.

Babbelbekkies Kleuterkampus is voorwaar getrou aan sy leuse: Stimulasie is die sleutel tot sukses. Saam-saam kweek ons kinders met karakter.


Vriendelike Groete
René Visser
Skoolhoof

Juffrou René Visser